Cholera krisis eis lewens in Haiti

Na die verwoestende storm wat Haiti enkele weke gelede getref het, is die gevaar van cholera opnuut onder die Verenigde Nasies se aandag gebring, en word miljoene dollar gevra om die krisis te bekamp.

Volgens mediaberigte word sowat 400 miljoen dollar benodig om die epidemie te bestry en het die Verenigde Nasies (VN) ’n beroep op lidlande gedoen om finansiële steun te verleë.

’n Woordvoerder van die VN se gesondheid-afdeling het glo gesê dit is die wêreld se morele plig om behulpsaam te wees.

Hy sê dat 200 miljoen dollar nodig is om die water en sanitasie geriewe in Haiti te verbeter om die cholera-krisis te bestry.

Die res moet beskikbaar gestel word om geteisterde gesinne finansieel by te staan in die arm land wat nie oor die infrastruktuur beskik om sy eie probleme te finansier nie, en het ook nie die kundigheid om selfs die land se strukture te verbeter nie.