Brexit laat Skotte en Britte bots

Die Skotse Eerste Minister, Nicola Sturgeon, het direk in konfrontasie gekom met die Verenigde Koninkryk se Eerste Minister, Theresa May vanwee die standpunt wat gehuldig word oor lidmaatskap van die Europese Unie.

Minister Nicola Stargeon, wat die Skotse regeringsleier is, sê sy het die gesprek met premier Theresa May uiters frustrerend gevind.

Die gesprek wat gehandel het oor die Britse regering se besluit om die uittrede uit die Europese Unie deur te voer, is ditek in stryd met die wil van die Skotse meerderheid wat tydens die referendum gestem het ten gunste van voortgesette lidmaatskap.

Sie Skotse leier sê sy weet niks meer as wat sy geweet het voordat sy met Theresa may gesprek gevoer het oor die roete wat Brittanje gaan volg om Brexit tot uitvoer te bring nie.

Sy wou graag meer te wete kom oor die Britse premier se siening hoe die “harde Brexit” toegepas sou word, veral oor die beheer maatreëls met immigrante na die land, al sou dit beteken dat die land sekere toegang sou verloor tot die EU se markte.

Premier May het glo te kenne gegee dat die Verenigde Koninkryk as ’n enkel eenheid geposisioneer word wanneer onderhandelings met Brussel volgende jaar begin met die uittrede uit die EU.

Die drie gebiede sal glo elkeen ’n verteenwoordiger aanstel in ’n komitee om onderhandelings aan te gaan met Europa oor toekomstige verhoudings.

Maar die Eerste Burger van Skotland sê tydens ’n TV onderhoud dat sy nie gediend is met wat May voorsien nie, want uittrede gaan Skotland baie hard tref, en sy gaan nie sit en toekyk hoe dit gebeur nie.

Sy het later bevestig dat haar regering besig is om ’n opvolg referendum te hou in Skotland om te bepaal of die land nie eerder hulle onafhanklik moet maak van die dominerende Britse regering nie.

Foto – Theresa May (L) en Nicola Sturgeon