Brand by tronk oor TV-geriewe

Gevangenis by die Johannesburgse tronk het brande begin  nadat hul TV stelle van hulle weggeneem is. 

Die brande is in vullisdromme begin kort nadat die gevangenis Woensdagoggend uit die selle gelaat is. Intussen het die Advokate vir Menseregte daarop aangedring dat parool voorwaardes hersien moet word omdat gevangenis te lank tyd deurbring in tronke. 

Daar was ‘n 3 000% toename in lewenslange vonnisse sedert 1995. 

Waarnemers sê hulle wonder hoe gebeur so iets in ‘n nuwe en vrye demokratiese land onder ANC beheer. 

Syfers van die 13 000 gevangenis toon nie hul ras klassifikasie aan nie, en statistieke toon dat honderde misdadigers kwalik vrygelaat is, dan word hulle weer gevang weens oortredings.

Vroeër is berig dat honderde swartmense wat in hegtenis geneem en tronkstraf kry, verklaar dat hulle dit verkies in die tronk waar hulle gratis woon en elke dag genoeg kos en TV kan geniet, terwyl hulle  nie nodig het om te werk nie.