Boere moet waak teen veesiektes

Boere moet nou waak teen die nuwe aanslag van veesiektes wat die landbou tref nadat welkome reën in verskeie streke van die land geval het waar veeboerdery die grootste bron van landbou aktiwiteite is.

Die waarskuwing is deur ’n onafhanklike veearts van Transvaal gerig nadat verspreide reën oor ’n groot gebied uitgesak het.

Hy sê die moontlikheid bestaan van goeie opvolg reën in November, wat ongelukkig ook die uitwendige parasiete laat vermeerder wat die vee aanval.

Een van die ergste plae is dat Asiatiese en ook Afrika rooiwater en hartwater nou mag voorkom en moet dadelik by die plaaslike veearts aangemeld word.

Muggies en bosluise is kort na die reën wet hiper-aktief, en wemel in die veld, wat allerhande siektes oordra, veral as die weer na die reën draai na warm sonnige dae.

Waterpoele is die veld is die broeines van inwendige parasiete, en boere moet maar ’n wakende oog hou om seker te maak haarwurm, lintwurm en selfs lewerslak kom nie voor by die kudes nie.

Bloutong, Bloednier, sponssiekte, Slenkdalkoors en ander bakteriese siektes kan betyds verhoed word deur die diere vroegtydig te ent met Onderstepoort entstof wat glo vanaf Januarie volgende jaar meer geredelik beskikbaar sal wes.