Wie is nou die skuldige?

z-7Die internasionale ondersoekspan bevind in hulle jongste verslag dat die BUK-missiel wat die vliegtuig van vlug MH17 in Julie 2014 getref het, nie deur die pro-Russiese rebelle afgeskiet is nie.

Die ondersoekspan beweer dat die BUK-missiel vanaf Russiese grondgebied gelanseer is.

Die bevinding is gemaak as eerste resultaat van die internasionale ondersoekers na die vliegtuigramp in die oostelike deel van die Oekraïne.

Hulle beweer egter dat die missiel gekontroleer is deur die pro-Russiese rebelle en nie deur die Russiese weermag nie.

Die ondersoekers, wat klaarblyklik ook bestaan uit die naasbestaandes van die vliegtuig slagoffers, het die bevinding vrygestel.

Dit staan is skrille kontras met die radar beeldmateriaal wat deur Rusland aan die Verenigde Nasies beskikbaar gestel is waarin dit blyk dat die missiel deur die weermag van die Oekraïne afgevuur is.

Die ondersoekers sê hulle is steeds besig om die werklike skuldiges te identifiseer.