Universiteite se struktuurskade al R460 miljoen

ukzn-brandDie sogenaamde “FeesMustFall”-veldtog het universiteite tot dusver net aan struktuurskade R460 miljoen gekos tussen Oktober verlede jaar en ei vanjaar. Die laaste rondte geweldpleging is nog nie by hierdie berekeninge ingewerk nie.

Die Universiteit van KwaZulu-Natal het die meeste skade gehad van sowat R262 miljoen. Die Universiteit van Johannesburg wil nie die skade van R100 miljoen vir sy ouditorium wat afgebrand het, koppel aan die veldtog nie. Die Universiteit van Noordwes is nog besig om die skade te bepaal wat hy gelei het by sy ingang by die Mahikeng-kampus.

Dit blyk dus dat die bedrag van R460 miljoen se direkte skade aan universiteite, nog baie konserwatief is.

Akademici wys daarop dat heelwat studente met so ‘n bedrag gratis kon studeer het, maar nou moet akademiese instellings self die geld vind om die infrastruktuur te herstel.

Intussen het die minister van Finansies, Pravin Gordhan, gesê dat daar genoeg geld sou kon wees vir studente om gratis te studeer, indien die staat sy geldsake beter bestuur en meer aan sy uitgawes te besnoei.