Tifoon saai verwoesting in Asië

z-61’n Dodelike tifoon, wat Megi gedoop is, het derduisende Sjinese dakloos gelaat en honderde duisende mense gestroop van hulle besittings terwyl duisende vissersbote in die slag gebly het.

Megi het eers in Taiwan gewoed waar derduisende mense dakloos en beseer is, terwyl meer as 3 miljoen mense tydelik sonder elektrisiteit gelaat is.

Die Megi-tifoon het Sjina ingebars teen ’n spoed van meer as 160 kilometer per uur, terwyl swaar reënneerslae tot die besering van honderde mense gelei het.

Meer as 120 000 mense in die provinsie Fujian is ontwrig, en 32 000 vissersbote is beskadig terwyl dosyne vlugte vanaf verskeie lughawens gekanselleer moes word.

Sowat 400 mm reën het in die gebied geval binne twee dae, en strate het riviere geword terwyl honderde huise oorstroom is.

Tifone kom gewoonlik voor in hierdie tyd van die jaar en bou spoed op soos dit oor die Stille Oseaan aanstorm, en word gekenmerk deur swaar reën en sterk stormwind toestande.