Tafelberg staan stil

tafelberg-kabelkarDie Tafelberg kabelspoor staan al etlike dae stil as gevolg van ‘n staking, en dit lyk nie asof ‘n oplossing op die kort termyn in die vooruitsig is nie.

Werkers van dié wêreldbekende kabelspoor staak omdat hulle ‘n verhoging van 15 persent in hulle salaris eis. Die kabelspoor se bestuursmaatskappy het ‘n aanbod van tien persent gemaak, maar dit is deur die werkers se vakbond verwerp. Dit is nog ‘n voorbeeld van onbillike eise van vakbonde. Die amptelike inflasiekoers is stewig onder tien persent, wat die aanbod van die maatskappy ‘n billike aanbod maak.

Die ekonomiese skade wat gelei word met die staking, kan reeds miljoene beloop aangesien dit een van die groot trekpleisters in die Moederstad is.