SpaceX maak gereed vir ruimtereis

z-51Die Suid-Afrikaans gebore ruimte tegnoloog, Elon Musk, het pas die sluier gelig hoe hy met sy ruimtevaart bedryf, SapceX, ’n sending na Mars wil onderneem in die toekoms.

Musk wys daarop dat sy beplanning bestaan onder meer uit ’n “inter-planetêre” vuurpyl met kapsule om ’n aansienlike aantal mense te vervoer na Mars, met die doel om die planeet te kolonialiseer.

Hy sê die kapsule sal groot genoeg wees om 100 mense plus voldoende voorraad lewensmiddele te vervoer.

Volgens Musk gaan die ruimteskip kapsule veel groter wees as die bekende Falcon-9 wat deur SpaceX gebruik word, en die vermoede bestaan dat dit byna twee keer so groot sal wees as die Falcon.

Die vuurpyl sal die kapsule die ruimte instuur, sy koers aandui, en dan terugkeer na die aarde waar dit weer sal land op dieselfde plek as waarvandaan dit lanseer is.

In sy verslag meld hy dat materiaal mettertyd na Mars gestuur kan word waarmee huisvesting opgerig kan word, en voorsien dat dit nog dekades gaan neem voor ’n behoorlike gemeenskap op mars gevestig kan word wat ook selfversorgend sal wees.

Die ambisieuse onderneming van mense om die reis van sowat 9 maande na die Rooi planeet te onderneem, bly egter nog ’n droom wat waarskynlik nog dekades se harde werk gaan beteken.

Die SpaceX projek word ook deur Nasa ondersteun, en alhoewel Musk meen om elke twee jaar ’n vlug na mars te onderneem, wil die Amerikaners deel wees van die hele program.