Spaanse Volksparty wen in Galicië

z-1In die tussenverkiesings wat gehou is in twee streke van Spanje, waarvan Galicië die belangrikste is, het die gematigde Volksparty so goed gevaar dat hy ’n goeie kans het om ’n algemene verkiesing oortuigend te wen.

Met sowat 50% van die stemme getel in Galicië, blyk dit dat die waarnemende eerste minister, Mariano Rajoy, se Volksparty 41 van die 75 setels gaan wen, terwyl die Baske in die Baskiese gebied die meerderheid gaan behou wat hulle sedert 2012 beheer.

Die verkiesing in die twee streke word as barometer gesien om die dooiepunt in die Spaanse parlement te breek in ’n algemene verkiesing.

In die tussenverkiesing kon die Podemos net minder as 20% van die stemme trek, en die Sosialiste 19%.

In die Baskiese streek kan die Baske Nasionale Party sowat 30 van die 75 setels vir die streeks parlement inpalm terwyl die Baskiese Separatiste na verwagting 18 setels sal kry.

Spanje gaan blykbaar vanjaar vir ’n derde keer na die stembus in ’n algemene verkiesing om ’n regering saamgestel te kry nadat geen partye daarin kon slaag om ’n volstrekte meerderheid te behaal of om ’n koalisie saam te stel nie.

Foto – Mariano Rajoy