Sjina soek lewe in die ruimtes

z-3Sjina het die afgelope naweek die wêreld se grootste radioteleskoop in gebruik geneem waarmee die land moontlike lewe in die buitenste ruim wil opspoor.

Die reuse teleskoop van bykans 500 meter in deursnit, wat die Aperture Spherical Radio Telescope gedoop is, het die afgelope Sondag sy eerste werk gedoen.

Die teleskoop is in werking na 17 jaar van Sjinese wetenskaplikes se harde werk om ’n wetenskaplike droom werklikheid te maak.

Honderde wetenskaplikes en entoesiastiese belangstellendes in die sterrekunde het die swierige openingsgeleentheid bygewoon.

Behalwe vir die reuse beplanning war gedoen is, het bouwerk aan die massiewe teleskoop se installasie in Maart 2011 begin.

Die teleskoop beslaan ’n totale oppervlakte van sowat 30 rugbyvelde, en is voltooi in Julie vanjaar, waarna die tegniese koppelings gedoen is.

Die projek het Sjina sowat 165 miljoen euro uit die staatskas gekos, het ’n woordvoerder van die owerheid gesê.

Die radioteleskoop van 500 meter in deursnit oortref die radioteleskoop van Arecibo op die eiland Puerto Rico met bykans 200 meter in deursnit.

Sowat agtduisend burgerlikes moes van woonplek verander omdat daar geen mense binne ’n straal van 5 km mag wees nie ten einde te verseker dat geen steurings veroorsaak word nie.

Elke huis is met 1 650 euro vergoed vir die verskuiwing.