Sinneloosheid van Trump-Clinton debat

z-6Maandagaand het die wêreld tot stilstand gekom toe sowat 200 miljoen mense na die sinnelose debat tussen Donald Trump en Hillary Clinton aanskou het op bykans elke internasionale TV kanaal.

Die belangrikste kenmerk van die debat is deur kenners beskryf as een van persoonlike aanvalle op mekaar, terwyl die kiesers wil weet waarheen die twee op pad is met Amerika.

’n Politieke ontleder wat die 90 minute lange debat gevolg het, sê dit is merkwaardig dat sulke debatte geen mens oortuig vir wie hulle moet stem nie, en in die besondere debat het niks konkreet na vore gekom.

Wat egter opvallend was, is dat Trump herhaaldelik die fout gemaak het om Clinton in die rede te val, terwyl Clinton geduldig gewag het tot haar opponent klaar gepraat het voordat sy reageer.

Die media het daarna peilings gedoen om vas te stel wie die beste gevaar het, en die linkse media het soos verwag kan word, Clinton aangewys as wenner.

Selfs die meer konserwatiewe Fox News het Clinton ’n geringe voorsprong gegee en gemeld dat Trump duidelik sy humeur begin verloor het teen die einde van die debat, wat teen hom getel het.

Kenners meen die feit dat Clinton beter voorberei was uit hoofde van haar vroeëre ervaring as minister, ook ’n invloed gehad het op die verloop.

’n Amerikaanse deskundige het gesê die vlak van debatvoering is ’n rede tot ernstige kommer vir die Amerikaanse kiesers.

Hy sê die debatte word deur die media gereël om finansiële voordeel daaruit te trek, want die 90 minute het miljoene mense gelok na een van die talle kanale.