SABC-verlies “nie Hlaudi se skuld”

In een van die verstommendste vertonings tydens ‘n perskonferensie, het die SABC se nuwe waarnemende uitvoerende hoof, James Aguma, met ‘n glimlag op sy gesig gesê dat hy jammer is om joernaliste teleur te stel dat die SABC se verlies nie groter is as wit dit is nie. Dit is “net” R411 miljoen.

Aguma moes die aankondiging maak, nadat sy omstrede voorganger, Hlaudi Motsoeneng, uit die pos verwyder is na ‘n hofuitspraak. Motsoeneng het egter wel die mediakonferensie bygewoon.

Alhoewel die verlies aangegaan is in Motsoeneng se tyd as bestuurshoof, word die verlies nie aan hom gewyt nie. Aguma se stelling was dat ‘n openbare uitsaaier nie teen wins bedryf kan word nie.

Daarin is hy ook verkeerd, aangesien die SABC ‘n bedryfswins gehad het in die 2013/14 finansiële jaar van R358 miljoen.

Daar is ook nou skielik ontken dat Motsoeneng ‘n bonus van R11 miljoen gekry het.

Die Ouditeur-Generaal se verslag maak egter melding van onnodige en spandabele uitgawes en ook ongemagtigde uitgawes. Dit lyk egter nie of die SABC-raad van plan is om ondersoek in te stel na die OG se bevindinge en wie die skuldiges is nie.

Foto: James Aguma, waarnemende bestuurshoof van die SABCjames-aguma