Perspektief op die verlede verklaar die hede

perspektiefVerstaanbaar is daar uiteenlopende menings en reaksies ten opsigte van die barbaarse geweld wat ons kampusse verwoes het – “het”, want die skade reeds berokken is in baie gevalle onherstelbaar.

Die een oplossing wat niemand openlik wil opper nie, is bloot die enigste werkbare oplossing – vir kampusgeweld, korrupsie en nepotisme, in kort die enigste oorblywende reddingsboei (menslik gesproke) vir SA en sy mense: skeiding of afsonderlike ontwikkeling.

Wanneer ons land se geskiedenis objektief beskou word, was die grootste oomblikke van standhoudende ontwikkeling altyd gekoppel aan die Christen-Afrikaner en ons voorsate.

1650’s – uit die Kaap van Storms ontworstel die eerste pioniers ‘n halfwegstasie;

1670’s – die ontluikende kolonie groei voort en met Protestantse ywer lê fondamente;

1700’s – Trekboere ontwikkel die landbou, en vestig republikeinse ideale;

1800’s – uit weinig, met min middele, word drie republieke gevestig.

Ons moet wel toegee dat tydens hierdie laaste twee tydperke ook ons inheemse landgenote nuwe hoogtes bereik het. Die Xhosa vestig ´n welvarende vesting aan die Oos-Kaap – gebou op veediefstal en plundering van die oosgrens boere. Die Zoeloe- en Matabele ryke gedy, op die doodsbeendere van vele kleiner stamme. Die Basoetoe bou ´n klein, dog kragtige koninkryk – vandag nog is die Lesotho-grens die brandpunt van veediefstal in Suidelike Afrika.

Hierteenoor ervaar ons volk ook erge terugslae – uiteindelik die algehele verlies van Republieke toe meer en meer volksgenote swig voor die materialisme van goud en diamante, en ons die Britse Ryk ten prooi val.  Insiggewende tye waarin die Calvinisme onder druk kom in volksgeledere.

Weer sou die vyf dekades na 1910 groot opbloei bring, onder die leiding van Calvinistiese staatsmanne en volksleiers.

Maar die sluimerende materialisme van Jingo-Engeland het in die tweede helfte van die twintigste eeu die pas aangegee.  Dit is ook nie vreemd dat kerke in daardie dekades struikel nie.

En hernieude swart ontwaking, aangevuur deur die kommunisme, vloei saam in die Nuwe SA – ´n nasiestaat gebou op humanisme en beginselloosheid. In ons hede se werklikheid sien ons die duidelike spieëlbeeld van Afrika se patroon van “opheffing” en “opbou”.

Nie-standhoudende “voorspoed” wat beslag vind in die verbruik van soveel moontlik middele, eerder as om daardie middele te gebruik vir standhoudende opbou vir die toekoms.

Wie homself blind hou vir hierdie werklikheid, wie in irrasionele optimisme glo dat ons ´n gewaande “naasteroeping” het om saam aan hierdie sinkende skip te werk, ignoreer die verlede tot hul koste, maar ongelukkig ook ten koste van ons almal se toekoms.

Grense bring vrede, maar ook die verantwoordelikheid om dan daardie vrede opbouend te gebruik.  Dit is bloot futiel om met groepe te probeer saamwerk wanneer hulle hele geskiedenis, oor eeue heen, spreek van barbaarse verwoesting.