Onderstepoort in die vaarwater

Onderstepoort se afdeling vir Biologiese Produkte se belofte om op die webblad aan te dui hoeveel entstof beskikbaar is van elke soort, het produsente in die veeboerdery warm onder die kraag.

Hulle voel dat Onderstepoort ’n verantwoordelikheid het om voorsiening te maak dat voldoende voorraad entstowwe beskikbaar is vir die landbou bedryf.

Na verneem woord is daar ernstige tekorte aan belangrike entstof soorte, en dit veroorsaak dat boere ernstige finansiële verliese ly.

Die rooivleis produsente is ongelukkig oor die tekorte aan entstof soorte soos vir stywesiekte, knopvel siekte en brucellose.

Boere is ook onseker oor die beskikbaarheid van ander entstof soorte soos vir knopvelsiekte, bloutong, Slenkdalkoors, miltsiekte, en rooiwater.

Die landbouers sê dit is belangrik dat hulle vee so spoedig moontlik geënt word voor die reënseisoen in volle swang is.

Onbevestigde berigte lui dat die Forum van Rooivleisbedryf die moontlikheid oorweeg om regstappe teen Onderstepoort Biologiese Produkte te neem as die beskikbaarheid van voldoende voorraad nie spoedig reggestel word nie.