Olieprys het begin styg

z-71Die ooreenkoms wat bereik is tussen die lede van die olieproduserende lande, (OPEC) om olieproduksie in te kort met 32,5 miljoen vate per dag, het ten doel om die olieprys tot hoër vlakke te druk.

Die ooreenkoms tussen die OPEC lande is die eerste sedert die wêreldwye finansiële krisis wat in 2008 begin het.

Ekonome wys daarop dat die Petroleum Uitvoer Lande se doel om sowat 32 tot 33 miljoen vate minder te lewer per dag, ’n besliste uitwerking het op die prys wat die eindverbruiker sal betaal.

Deskundiges beraam dat die vermindering van 700 000 vate per dag die prys van olie kan laat styg met soveel as $12 in 2017.

Tans verkoop ru-olie teen sowat $47 per vat, wat swak vergelyk met ’n prys van meer as $100 in 2014.

Die laer prys het lande soos Venezuela om die rand van finansiële ineenstorting gedruk, en selfs Saoedi-Arabië se ekonomie ernstig benadeel.

Die olieprys het intussen met meer as 6% gestyg tot bo $48.