Nog ʼn brandstofheffing?

rafinaderyDie uitstel deur die Departement van Energie om te besluit oor die internasionale vereistes op voertuigbrandstofbesoedeling sal een of ander tyd opgeklaar moet word. Die aanpassing vir die ses raffinaderye kan tot R70-miljard kos. Raffinaderye wil hê dat die koste op motoriste geplaas moet word deur ʼn brandstofheffing.

Die Suid-Afrikaanse raffinaderye is nie in staat om in die land se behoefte te voorsien as daar na Euro 5 standaard oorgeskakel moet word nie. Die raffinaderye produseer tans diesel op ʼn swaelinhoudvlak van 500, 50 of 10 deeltjies per miljoen, maar is tans nog hoofsaaklik ingestel op die Euro 2 standaard. Die internasionale swaelvrystellingsvereistes is sedert 1996 geleidelik op diesel afgebring na Euro 2 (1996), Euro 3 (2000), Euro 4 (2009) en in 2009 na Euro 5 wat swaelvrystelling op diesel beperk tot 10 deeltjies per miljoen.