Lekkergoed vir die naweek

Kom ons maak ‘n maklike en vinnige ongebakte kaaskoek vir die naweek. Dis mos tyd vir ietsie koel en romerig en sag op die tong.

 

Amarula Kaaskoek

 

Vir die kors:

1 pakkie fyngerolde tennisbeskuitjies

80 gr gesmelte botter

Meng die boonste 2 bestanddele saam en druk dit in ‘n gesmeerde diep tertbak vas en verkoel in yskas.

 

Bestanddele vir die vulsel:

690 gr roomkaas

80 ml Amarula likeur

250 ml strooisuiker

160 gr wit sjokolade gerasper

 

Metode:

Meng die roomkaas, strooisuiker, Amarula en 80 gr wit sjokolade saam.

Gooi in die yskoue tertkors en laat oornag in die yskas staan.

Strooi die res van die gerasperde sjokolade bo-oor en versier met bessies indien u dit verkies.

 

Geniet hierdie tert op ‘n lekker warm dag vir nagereg of saam met ‘n koppie boertroos.amarula-kaaskoek