Koop boeke en help volksgenote

boeke‘n Besondere poging met boeke, hoop nie net om die Guiness Rekordboek te haal nie, maar om ook hulp te verleen aan boere wat finansieel swaarkry.

“Miljoen boeke vir Jakes” is ‘n projek wat in samewerking met Farmersaid SA, Luistervink en Quantum Radio, Marleo Uitgewers en Jotha Drukkers geloods word.

“Ons doel is om `n Guiness Rekord op te stel en 1 miljoen boeke in 4 weke te verkoop,” sê die organiseerders.

Die rekordpoging begin op 28 September 2016 en duur tot die 28ste Oktober 2016, betyds om `n verskil te bring vir Kersfees vir soveel van ons boere wat finansieel swaar trek as gevolg van die droogte, en volksgenote wat ekonomies swaarkry as gevolg van ekonomiese verdrukking en daarom vasgevang is in plakkerskampe (ekonomiese konsentrasie kampe).

Die organiseerders van die poging nooi mense uit om die komedie, Die Sukkel Gatte, te koop teen die bekendstellingsprys van R75.00 per boek en Jakes Fourie en sy gesin se pogings om aan die lewe te bly te geniet en met ander te deel.

Die boek gaan ook in Engels vertaal word en sal eersdaags beskikbaar wees.

Die aanlynwinkel, waar besonderhede verkry en bestellings geplaas kan word, is www.marleo.co.za.