Is Twitter in die mark?

z-3Die vermoede word glo al sterker dat die sosiale netwerk diens, Twitter dalk binnekort in die mark gaan kom vir ’n nuwe eienaarskap.

Verskeie mediaberigte dui daarop dat instansies soos die Walt Disney maatskappy ook belangstelling toon om betrokke te raak in die bedryf.

Die gesaghebbende Bloomberg het Dinsdag te kenne gegee dat die mediareus Disney geïnteresseerd is in die Twitter transaksie.

Met Twitter se mede-stigter en huidige hoof uitvoerende beampte, Jack Dorsey wat ook op Disney se toesighoudende raad is, word die moontlikhede al groter dat Twitter ’n nuwe baas gaan kry.

Disney kan dalk besluit om Twitter aan te wend as ’n verlengarm om sy sport en vermaaklikheidsprogramme verder uit te brei.

Die verkoop van Twitter kan net gebeur as die heel rykstes na vore kom as moontlike kopers, aangesien die koopsom ’n aardige bedrag sal beloop.