Hlaudi het nuwe senior pos by SABC

sabcDie omstrede hoof van die SABC, Hlaudi Motsoeneng, is binne die organisasie verskuif na ‘n ander senior posisie.

Intussen hou die staatsbeheerde openbare uitsaaier vol dat die onlangse uitspraak deur die Appèlhof oor Motsoeneng verkeerd geïnterpreteer word.

Hy is nou aangestel as Hoof van Korporatiewe Sake en is nie meer die bedryfshoof nie, na die Appèlhof se beslissing.

Net voor Motsoeneng na die pos verskuif is, het hy nog ‘n bonus van meer as R11 miljoen ontvang. As bedryfshoof was sy salaris sowat R3,7 miljoen per jaar, en daar word nou gevra wat hy in sy nuwe pos gaan verdien.

Intussen sê ‘n woordvoerder van die SABC, Kaizer Kganyago, dat die vrae wat nou oor Motsoeneng gevra word, kom van “mense met ‘n verskuilde agenda”.