Duisende in Turkye verhoor afwagtend

z-22Turkye sê sowat 32 000 mense is in afwagting om verhoor te word weens beweerde verbintenisse met Fethullah Gulen, wat deur die regering as die voorloper van die mislukte staatsgreep gesien word.

Fethullah Gulen, wat in die VSA woonagtig is, en ’n geestelike leier in Pennsilvanië is, word beskou as die opstoker om die staatsgreep uit te voer wat uiteindelik tot mislukking gedoem is, en derduisende mense hulle werk gekos het.

Die Turkse regering het herhaalde versoeke tot die Obama-regering gerig om die geestelike uit te lewer sodat hy verhoor kan word in Turkye.

Fethullah Gulen word beskou as ’n Islamitiese ondersteuner en die man wat agter die staatsgreep poging sit.

Amerika het intussen geweier om aan die Turkse versoek te voldoen, wat die verhouding tussen die twee lande vertroebel het.

Intussen het die Turkse regering bevestig dat duisende mense verhoor gaan word om hulle betrokkenheid by die staatsgreep te bepaal, en gestraf sal word volgens die hof se bevindings.

Die minister van justisie, Bekir Bozdag, het in ’n TV onderhoud gesê 70 000 mense is in die afgelope maande nadat die opstand bedaar het, ondersoek vir moontlike betrokkenheid, waarvan 32 000 verhoor sal word.

Die minister het ook gesê die moontlikheid bestaan dat nuwe arrestasies kan volg uit die getuienis wat in hofsake na vore mag kom.

Die verhore sal die grootste strafsaak in die geskiedenis van Turkye wees, en die verwagting is dat derduisende mense in tronke gaan sit vir ’n baie lang tyd.