Daar’s water op die planeet

z-21Die wetenskaplikes van Nasa beweer dat die “Hubble” ruimteteleskoop verskeie bewyse van water wat op die oppervlakte van Jupiter se maan, wat Europa gedoop is, uitgewys het.

Die ruimtedeskundiges meen daar bestaan nou ’n sterk moontlikheid dat hulle meer van die planeet te wete kan kom, en dat hulle dalk op ’n besondere wyse te wete kan kom dat daar dalk ’n reuse ondergrondse oseaan bestaan.

Die Amerikaanse ruimteagentskap sê hulle het Maandag deur middel van die teleskoop vasgestel dat die planeet se maan, Europa, water opspuit in sy suidelike poolstreek, wat die vermoede wek dat waar ’n soutpaneel met water onder die yslaag verskuil is.

Nasa beweer dat die pluime water so hoog as 200 kilometer opstyg voor dit weer neer reën op die maan se oppervlakte.

Europa is een van meer as 50 kleiner mane wat om Jupiter wentel, en is een van die belangrikste planete waar vir lewe gesoek kan word vanweë die groot oseaan wat meer water bevat as al die water in oseane op aarde.

Die navorsers meen as hulle die samestelling van die water kan bepaal, sal dit ook aansienlik makliker wees om meer te wete te kom oor Europa.

Die wetenskaplikes meen as hulle die vog (waterspatsels) wat in die lug op beweeg kan toets, dit ’n veel makliker manier sal wees om te begin soek na moontlike lewe, want om eers deur die dik yslaag te probeer boor, kan ’n  baie lang en duur proses word.

Foto – Jupiter en ’n paar mane