Buffel bul behaal rekord prys

’n Buffel bul wat die afgelope week op ’n veiling verkoop is, het klaarblyklik ’n rekord prys behaal, en is waarskynlik enig in sy soort.

Die buffel is teen die astronomiese bedrag van R168 miljoen van die hand gesit en dit beklemtoon die feit dat hy enig in sy soort is.

Die bul wat behoort het aan die Thaba Tholo Reservaat is verlede Vrydag verkoop, en was die grootste aantrekkingskrag van die diere wat op die katalogus verskyn het.

Die Uitvoerende Hoof van die Reservaat, Rubin Els, het gesê die bul word reeds geruime tyd beskou as ’n besondere dier, en is nou op die agtste veiling van die reservaat van die hand gesit.

Die buffel is in 2012 as ’n jong bul afgesonder in ’n kamp om hom te beskerm teen die moontlikheid dat hy beseer kon word deur ander diere.

 Els het bygevoeg dat hulle gewoonlik nie die buffel bulle laat aanteel voor ouderdom 10 jaar nie, en die besondere dier is nou nege jaar oud maar is wel toegelaat om tussen die koeie te kom.

Foto – ’n Buffel