Boeremag lede se aansoek misluk

Minstens twee van die Boeremag lede beweer glo dat hulle nie ’n billike en regverdige verhoor gehad het nie en dat hulle reeds voor die verhoor plaasgevind het, tot oorlog gevangene verklaar is.

Die twee broers wat saam met ander lede van die sogenaamde Boeremag in 2013 vir 25 jaar hardepad gevonnis is, het ’n aansoek vir herverhoor ingedien.

Regter Eben Jordaan het Maandag die appèl aansoek van die hand gewys van dr. Johan Pretorius en sy broer Wilhelm, en gesê daar is geen moontlikheid dat ’n ander hof tot ’n ander gevolgtrekking of bevinding sou kom nie.

Die twee broers wat hulle eie saak behartig, het daarna aangedui dat hulle die Appèlhof direk gaan nader.

Die twee beweer ook dat hulle “onmenslik” behandel is omdat hulle reeds 11 jaar tronkstraf uitgedien het terwyl hulle verhoor afwagtend is, en dit behoort reggestel te word.

Regter Jordaan het daarop gewys dat die hofsaak een van die langstes was wat in Suid-Afrika geduur het, en talle aansoeke en klagtes is in die tyd aangehoor wat die lang vertragings veroorsaak het.

Volgens die regter het die twee broers ook nie gekwalifiseer vir oorlog misdadigers nie.