Blank en swart moet trou – DA se Mmusi

Blankes moet ‘n swart taal leer praat, sodat hulle meer met swartmense kan trou.

Dit was die boodskap van die DA-leier, Mmusi Maimane, tydens ‘n toespraak in Soweto op die sogenaamde Erfenisdag.

Hy het bygevoeg dat blankes moet leer om swartes se name reg uit te spreek.

Hy het ‘n beroep gedoen op mense om veral jongmense aan te moedig om oor die kleurgrense heen te trou.

Maimane is self met ‘n blanke vrou getroud.

Politieke waarnemers het gesê dat Maimane met hierdie uitsprake, hom vervreem het van sy mees invloedryke ondersteunersbasis, naamlik die blanke kiesers.

Die feit dat hy nie ook ‘n beroep gedoen het op swartmense om blanke name reg uit te spreek nie, word in politieke kringe vertolk as ‘n eensydige bevoordeling teen blankes.

Enkele jare gelede het die DA ‘n plakkaat uitgebring waarop ‘n veelrassige paartjie byna nakend uitgebeeld word. Die teenstand teen die plakkaat, het die party genoop om dit te onttrek.

Foto: DA-beleidda-beleid