Belgiese vrese dat terroriste insypel

z-4Die owerheid, sowel as talle inwoners van België, is bekommerd dat ondersteuners van die Islamitiese Staat (IS) geleidelik kan insypel in die veiligheidsdienste van die land.

Die moontlikheid is ook geopper dat die terroriste kan slaag daarin om die Belgiese Inligtingsdiens te kan insypel en rysmier, asook belangrike inligting aan terroriste deurgee.

Deskundiges se dit is nie ’n onmoontlikheid dat terroriste die inligtingsdiens kan infiltreer nie, wat uiteindelik tot algehele chaos en paniek kan lei.

Politieke waarnemers het opgemerk dat so ’n moontlikheid nie vergesog is nie, en is bekommerd dat infiltrasie in die polisie, die weermag  en gevangenis reeds gebeur het.

Die moontlikheid is ook nie uitgesluit dat die infiltrasie deur terroriste, of hulle ondersteuners, reeds in ander Europese lande plaasgevind het nie.

’n Kenner van terrorisme in Suid-Afrika het aan Die Vryburger gesê die werkmetodes van die misdadiger moet nie onderskat word nie, en terroriste is goed onderlê in die verkryging van binnekring inligting.