Arme Winnie

sweepslagJa, die Moeder van die Nasie van Stompie-en-Vuurhoutjie-faam, leef nog.

Winnie Mandela het onlangs 80 jaar oud geword, en die geleentheid gebruik om weer ‘n paar onbenullige uitsprake te maak. Een van die minder-onbenullige uitsprake was haar kritiek op die ANC.

Interessant genoeg het sy in al elf amptelike tale geswyg oor die student-onrus en gewelddadige betogings.  Sweep het gewag dat sy tog iets daaroor sou moes sê. Sy hoort dit mos te ondersteun. Sy was tog immers een van die groot geeste agter die “Liberation before Education”-veldtog.

Ewenwel, sy swyg dus.

Maar sy het ‘n groot terugslag gehad. Toe sy in haar hangkas gaan kyk vir geld vir ‘n broodjie (pensioenarisse kan mos nie veel meer eet nie…), merk sy dat haar verjaardaggeldjie weg is. ‘n Hele R83 000 wat sy gekry het is na bewering weg, en sy is polisie toe om die saak aan te meld.

  • Ja, dis maar harde tye. Wie sou nou kon dink dat Soweto so ‘n onveilige plek is. Sy moet maar versigtig wees: haar staatspensioen as oud-parlementslid en oud-adjunkminister kan dalk ook nog uit haar verkul word deur skurke. En enige moontlike belegging wat uit “diverse aktiwiteite” van die verlede opgebou is. En o ja, het sy nie ook nog ‘n fris eis ingesit teen haar Madiba se boedel nie…?