ANC soek Pretoria terug

tshwane-raadsvergaderingDie ANC wil die Tshwane Metroraad, wat Pretoria insluit, onder administrasie plaas en sodoende nuwe verkiesings afdwing.

Dit is sy wraak-taktiek nadat hy in die plaaslike regeringsverkiesing van 3 Augustus, sy beheer oor Pretoria moes afstaan aan ‘n DA-geleide koalisie.

Die jongste raadsvergadering van die Tshwane Metroraad het in chaos ontaard toe die ANC die verrigtinge op ‘n kenmerkende EFF-wyse ontwrig het nadat  mense in poste verkies is waarvan die ANC nie hou nie.

Die provinsiale LUR, wat uiteraard ‘n ANC-lid is, is skynbaar besig om te kyk na die moontlikheid om die stadsraad onder administrasie te plaas.

Waarnemers wys daarop dat dit ‘n toonbeeld is van die ANC wat nie van sy mag wil afstand doen nie. Hy sal ander magte misbruik om deur sogenaamde demokratiese metodes en instellings, aan sy mag vas te klou. Dit maak in wese ‘n klug van verkiesings, word gesê.