Amerikaanse kongres ignoreer Obama

z-52Die Amerikaanse Kongres het Donderdag die veto van President Barack Obama negeer rakende die 11 September aanval op die Wêreld Handelsentrum.

’n Resolusie wat aanvaar is deur die Kongres, lui dat slagoffers van die aanslag, Saoedi-Arabië geregtelik mag vervolg weens die land se betrokkenheid.

Die Republikeine wat die Senaat beheer met ’n meerderheid, het egter daarin geslaag om die stemming met 97 teen een te wen.

Obama wou daarna sy mag misbruik en het die bekragtiging van die besluit geveto, maar die Senaat se oorweldigende meerderheid het hulle toegelaat om voort te gaan en die besluit is weer bekragtig.

Daarna het die Huis van Afgevaardigdes dieselfde houding ingeneem, en is die stemming van 348 ten gunste van die besluit uitgebring teenoor die 77 stemme daarteen.

Dit is die tweede keer in die agt jaar wat Obama van sy vetoreg gebruik gemaak het, maar die tweede poging het klaaglik misluk.

Obama het sy vetoreg gebruik om die “goeie verhouding” met Saoedi-Arabië te handhaaf.

Foto – Barack Obama