Zuma betrokke by Wes-Kaapse mafia?

Reeds in November 2015 is ‘n verslag gepubliseer wat meld dat Zuma voor die 2011 verkiesings ontmoetings gehad het met van die mees gevreesde bende leiers in die Wes-Kaap.

Die ontmoeting sou volgens die gerugte, in sy amptelike woning in Groote Schuur plaasgevind het.

‘n Ene Lloyd Hil van die Durbanse onderwêreld het die ontmoeting gefasiliteer om steun vir die ANC te werf.  

Die bendeleiers het dan ook volgens berigte beloof dat hul Marius Fransman sal ondersteun om die Wes-Kaap in ANC hande te kry. 

Die ANC het uiteraard die berigte afgemaak as pateties en sonder waarheid, maar later het dit ook geblyk dat ‘n Kaapse persoon uit die onderwêreld, en  Mark Lifman reeds Zuma se verjaarsdag fees op 12 April 2014 bygewoon het. 

Daar was hy opgemerk in die geselskap van Fransman.  Intussen was Fransman betrokke by sy molesterings skandaal in Rustenburg en is daarna geskors deur die ANC.

Fransman het ’n aansoek na die hof gebring, maar Gwede Matashe het ‘n teen aansoek met koste aangevra, en dit het Fransman sy aansoek laat onttrek maar in die hofstukke blyk dit dat Fransman, volgens Patrick Chauke, die ontmoetings met die bendelede en Zuma gereël het. 

Foto – Fransman