Veertig sterf daagliks op paaie

Minstens 40 mense sterf daagliks op paaie in Suid-Afrika, en die regering het nou uit radeloosheid besluit om vroue in die polisiediens aan te wend om die Verkeersdepartement te ondersteun.

Die vroulike beamptes sal onder die bestuur van Pad Verkeer Korporasie funksioneer om die hele maand die strate en paaie van die land meer veilig te probeer maak.

Die beamptes sal probeer om ’n impak te maak deur padblokkades te verminder en beter sigbaarheid by veral die gebiede waar ongelukke die meeste voorkom.

Die poging word as projek toegepas omdat die land sommer die hele maand as Vroue-maand beskou.

Met die tientalle padsterftes wat maandeliks deur ongelukke veroorsaak word, en die gemiddelde moord syfer van meer as 42 mense per dag, behoort die veiligheidsmagte nie net vergroot te word nie, maar behoort ook beter opgelei te word.