Universiteite is dalk bankrot

Die Departement van Hoër Onderwys sê in ’n verklaring dat die Universiteite nie alleen in groot skuld gedompel is nie, maar staar ook ’n nuwe krisis in die gesig want die betaling van studiegeld het drasties afgeneem.

Dit is nie net die sogenaamde “arm studente” wat nie hulle verplitinge nakom nie, maar sedert die eis geopper is vir gratis opleiding, betaal die welgestelde studente ook nie meer hulle rekening nie.

’n Woordvoerder wat verkies om anoniem te bly, sê universiteite sukkel om finansieel staande te bly weens die nuwe neiging, en die owerhede het by sekere instellings vasgestel dat agitators die student aanmoedig om hulle betalings terug te hou.

Die universiteite sit met reuse bedrae aan opgelope skulde wat tot sluiting van die instellings kan lei as die aangeleentheid nie reggestel word nie.

Studente sê die regering moet die skuld aflos, en die regering se verweer is dat dit onbekostigbaar is om alle studiegeld vir studente te betaal.

Die finansiële posisie van die inrigtings gaan maandeliks verder agteruit, veral nadat die sogenaamde “Fees must fall” gevolg is as betoog teen die regering.

Gerugte doen die rondte dat universiteite reeds sowat R5,5 biljoen tot 2014 veerloos het, wat intussen verder verhoog het weens die skielike onwilligheid om enige studiegeld te betaal.

Foto – Universiteit van Pretoria