Turkye ontslaan duisende uit onderwys

Turkye het sedert die mislukte staatsgreep in Julie, die werkspermitte van meer as 27,000 mense ingetrek wat verbonde is aan die onderwys.

Elkeen van die 27,400 mense sal in onderhoude moet deelneem en hulle betrokkenheid by die mislukte staatsgreep verduidelik.

Die Minister van Onderwys, Ismet Yilmaz, het die aankondiging gemaak en gesê as hulle hul onskuld kan bewys is dit goed, en sal hulle kan voortgaan met die werk, anders sal hulle die gevolge moet dra.

Die Minister het die aankondiging gemaak tydens ’n perskonferensie en gesê hierdie mense sal nie weer in die openbare onderwys diens kan doen nie, want hulle is nie te vertrou nie.

Turkye het ook talle diplomate in verskillende lande teruggeroep en hulle onthef van hulle werk omdat hulle klaarblyklik sekere invloede uitgeoefen het in die staatsgreep poging.

Die skokkende was glo toe 167 wetenskaplikes ook afgedank is, asook 1,200 geestelike leiers is in hegtenis geneem.

Blykbaar het tientalle diplomate nie gehoor gegee aan die regering se oproep om terug te keer na Turkye nie, en het sommige spoorloos verdwyn.