Turkse president besoek Moskou

Die verhouding tussen Turkye en Rusland het gedurende verlede jaar ’n laagtepunt bereik toe ’n Russiese vegvliegtuig deur Turkye afgeskiet is weens beweerde skending van die lugruim.

Dit het Rusland laat besluit om alle bande met Turkye te verbreek, sy ambassade is gesluit, handelsbetrekkinge is opgeskort, en Russiese vakansiegangers is versoek om nie na Turkye te reis nie.

Intussen het die Europese Unie die Turkse aansoek om lid te word, voorlopig op die ys gesit nadat die land ’n staatsgreep oorleef het, en die president maatreëls ingestel het wat grens aan ’n diktatorskap.

Turkye het skielik die wurggreep van isolasie aangevoel, en sy verskoning aangebied aan Rusland, en daarmee die lug probeer suiwer.

Nou is president Erdogan oppad om president Poetin te ontmoet in St. Petersburg, wat vermoedelik bedoel is om die bande te verbind wat tot hede verlore geraak het.

Erdogan het in ’n TV onderhoud herhaaldelik na president Poetin verwys as ’n “gewaardeerde vriend van Turkye”.

Politici in Europa sê die Turkse president sal maar nederig moet aanklop en alles doen wat die Russe verlang om die betrekkinge weer op dreef te kry.

President Poetin het in ’n onderhoud erken dat die gevoelens teen Turkye nog steeds sorg vir spanning, wat slegs deur die Turkse president uit die weg geruim kan word.

Turkye moet dringend ander bondgenote kry nadat Duitsland verklaar het dat Turkye geen visums kry alvorens die gestelde kriteria nie nagekom is nie.