Trump se veldtogleier afgedank

Z 9Politieke ontleders meen die Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, se agterstand teen Hillary Clinton kan toegeskryf word aan sy veldtogleier wat in omstredenheid verval het.

Trump moes voorheen ontslae raak van ’n sleutelfiguur wat die verkiesingsveldtog help lei het, maar wat hom waarskynlik in ’n paar deelstate minder steun laat kry het as wat verwag is.

Nou moes hy van Paul Manafort, die veldtogleier ontslae raak, nadat vasgestel is dat hy miljoene dollar uit die Oekraïne ontvang het.

Trump het die inligting die afgelope naweek bekend gemaak en gesê Manafort het gedurende 2007 tot 2012 ’n totale bedrag van bykans $13 miljoen dollar ontvang van die pro-Russiese party in die Oekraïne.

Amerikaners is verplig om ontvangs van enige betalings van buitelandse politici te verklaar, en as dit nie gedoen word nie, is hulle skuldig aan ’n misdryf wat selfs gevangenisstraf of boete van tot 220 000 dollar kan beteken.

Trump moes die afgelope week sy verkiesingsveldtog herorganiseer en die span werkers herindeel om die veldtog weer op dreef te kry.

Manafort is wel nog deel van die span, maar sal voortaan veel minder invloed kan uitoefen op die veldtog.

Dit blyk egter dat Trump se beweerde agterstand in steun toegeskryf kan word aan die gesukkel om betroubare leiers te bekom.