Slegs 271 Russe by Spele

Die skandaal wat deur Rusland se sport owerheid veroorsaak het dat die Olimpiese Komitee steeds nie alle Russiese deelnemers wil toelaat tot die Rio Spele nie, het internasionale reaksie ontlok.

Slegs sowat 20 uur voor die opening van die Spele het die Komitee goedkeuring gegee dat slegs 271 Russiese deelnemers toegelaat sal word terwyl sowat 118 lede van die span weggewys is.

Aanvanklik het die sport owerheid van Rusland aangedui dat bykans 700 deelnemers na Brasilië gestuur word, maar die getal het later aansienlik gekrimp.

Alexander Zjoekov zei, voorsitter van die Russiese Olimpiese Komitee het later gesê dat hulle wel teleurgesteld is oor uitstekende atlete wat nie toegelaat is nie, maar is verheug oor die wat wel kan deelneem.

Die Olimpiese Komitee is deur talle sportlui veroordeel vir hulle traagheid om besluit te neem, en veral omdat die Russiese deelnemers so lank moes wag op ’n beslissing, en so kort voor die aanvang eers sekerheid kon kry.