SA die derde mees ellendigste land

Die wêreldwye “Bloomberg Misery Index” het in hul jongste verslag Suid Afrika as die derde ellendigste land geklassifiseer uit ’n totaal van 74 lande. 

Die indeks gebruik die inflasiekoers en werkloosheid  as vertrekpunte. 

Die ekonoom Dawie Roodt waarsku dat finansiële druk ook vir elke huishouding, wag in die komende maande. 

Die daling van die petrolprys sal tydelik verligting bring maar volgens Roodt is die swaard van afgradering nog steeds oor Suid-Afrika se kop en ‘n moontlike afgradering teen die einde van die jaar bestaan steeds. 

Die graderings firma Fitch het die ANC gewaarsku om nie ‘n populistiese beleid in te stel na hul swak vertoning in die verkiesing nie

Foto – Michael Bloomberg