Russe slaan toe in Aleppo

Terwyl Russiese lugaanvalle verwoesting saai in die Siriese provinsie Aleppo, en Siriese soldate met konstante geweervuur die wêreld onhoudbaar maak vir die terroriste, word die moontlikheid al groter dat die stad Aleppo skoongemaak gaan word van terroriste.

Die optrede volg nadat Koerdiese rebelle ’n deel van die stad omsingel het en die terroriste geleentheid gegee het om die stad te verlaat.

Benewens die swaar verliese wat die terroriste gely het onder die hewige lugaanvalle van die Russe, het die stad Idlib, in die noordwestelike deel van die land ook swaar deurgeloop onder die lugaanvalle.

Abu al Hasanien, die woordvoerder van rebellemagte sê die aanvalle wat deur Rusland uitgevoer word is die hewigste wat nog in die land gesien is.

Dit is nie bekend wat die ongevalle syfer is nie, maar gevegte duur nog steeds voort.