Rand effens stewiger

RandeDie rand het die afgelope tyd redelik gestyg, en na die Amerikaanse Federale Reserwe se amptelike aankondiging dat rentekoerse nie gaan styg nie, het die rand verder verstewig tot ongeveer R13,39 teenoor die dollar.

Daar is egter nog onsekerheid oor hoe gesond die Amerikaanse ekonomie is en die komende presidentsverkiesing skep verdere onsekerheid. Ekonome in Amerika is egter van mening dat die invloed van Brittanje se onttrekking uit die EU (Brexit) al verwerk is en nie veel invloed meer het nie.

Die verwagting is dat die Amerikaanse ekonomie stadig herstel en dat verhoging in rentekoerse nie meer te ver in die toekoms lê nie