Pretoria busbestuurders afgedank

Die sage rondom stakings duur voort.  Minstens 23 busbestuurders van die “Tshwane Busdiens” is afgedank nadat hul vir ‘n derde keer aan ‘n onbeskermde staking deelgeneem het.

Die busdiens het die afgelope tyd deurgeloop onder voortslepende stakings, afwisselend elke twee tot drie maande. 

Die nuwe “Are Yeng Busdiens” word ook geraak deur die voortslepende stakings en intimidasie. 

Die stakings volg nadat verskeie treine se passasierswaens in Pretoria, en ook in die Wes-Kaap deur revolusionêre werkers afgebrand is.

’n Woordvoerder het later gesê dit sal minstens 18 maande neem om die tekort aan vervoer aan te vul.

Intussen is verneem dat die stakers toegeneem het in getalle en dat tientalle busse staan weens ’n gebrek aan bestuurders, wat veroorsaak dat werkers of laat, of selfs glad nie opdaag by hulle werk nie.