Premier May soek vrede met Argentinië

Premier May en president MacriDie Britse Eerste Minister, Theresa May, het in ’n brief aan die president van Argentinië, Mauricio Macri, gesê die streng maatreëls op olie ontginning in die Falkland Eilande word opgehef.

Sy sê ook dat Brittanje meer vlugte na die Brits beheerde eilande wil begin, maar sy reik ’n olyftak uit na Argentinië om die verhouding tussen die twee lande te verbeter.

Premier May sê sy wil graag in vrede met President Macri en die regering verkeer.

Politieke ontleders sê die Britse Eerste Minister het daarmee haar sterk leierskap geopenbaar, alhoewel sy bewus is dat Argentinië aanspraak maak op die soewereiniteit van die Eilande.

Die verhouding tussen die twee lande is sedert die Falkland Oorlog van 1982 uiters gespanne en president Macri se poging om die lug te suiwer was sy gesprek met die vorige premier, David Cameron.

Argentinië se standpunt is dat die Falkland Eilande reeds vir baie jare voor Britse besetting daarvan, deel was van die vasteland, en in die gebiedswaters van Argentinië geleë is, behoort dit aan hulle.

Brittanje beweer dat ’n referendum onder die sowat 3,000 inwoners getoon het dat hulle verkies om onder Britse beheer te bly.

May skryf dat alhoewel die twee lande hulle verskille het oor die eilande, is daar voldoende rede om beter verhoudinge te handhaaf.

Foto – Premier May en president Macri