Politieke egskeidings dalk gou

Politieke ontleders meen dat die stille huwelik tussen die DA en EFF gepaard sal gaan met baie probleme, wat selfs kan lei tot ’n spoedige egskeiding.

Die mening volg na berigte dat die DA  die EFF leier genader het  rondom moontlike koalisies. Politieke ideologie sal volgens een ontleder  die groot probleem wees. 

Dit gesê moet daar gelet word op sekere raakpunt by beide die partye.  SEB, verandering van dorps- en straat name en grond onteiening word deur beide partye onderskryf – al verskil is die manier en tempo waarteen die sake afgehandel moet word. 

Die egskeiding kan wel kom rondom wie in watter posisies aangestel gaan word in die rade – Mammon het ‘n manier om enige verhouding te ontspoor. 

Intussen het die ANC aangekondig dat hul gesprek voer met die EFF in die Johannesburg metroraad. 

Wat van so ‘n huwelik?

Foto – DA en EFF leiers