Olimpiese Spele grootliks mislukking

Die Olimpiese Spele in die Brasiliaanse hawestad Rio de Janeiro is beslis nie so ’n gewilde sportgeleentheid as wat algemeen verwag is nie.

Afgesien van die span Russiese atlete wat nie mag deelneem nie weens die gebruik van opkikkers, het honderde sportmanne en vroue besluit om die stad te vermy.

Die woongeriewe in die stede waar deelnemers en besoekers kan tuisgaan, is in ’n swak toestand, en die Australiese span het gesê hulle weier om hulle lewens te waag in die geboue waar hulle sou tuisgaan.

Die kraanwater is van uiters swak gehalte, en swembaddens waarin meegeding moet word, se water is so besoedel dat swemmers uit verskeie lande weier om in sulke omstandighede deel te neem.

Gholfspelers het op ’n streep laat weet dat hulle nie die Spele sal bywoon nie, en het intussen ander byeenkomste gereël waarin deelgeneem gaan word.

Bowe al is die vrees vir Zika virus infeksie wat reeds derduisende mense besmet het en baie gestremde babas tot gevolg het.

Dit is nog onseker of die meer as 700 Russiese sportlui wat in Brasilië aangekom het, toegelaat gaan word om aan die Spele deel te neem, wat ook ’n beduidende invloed op die Spele sal uitoefen, want sonder hul deelname is wenners nie noodwendig die beste in daardie kategorie nie.