Nuwe VSA presidentskandidaat aangewys

Hillary Clinton en Donald Trump is beide onaanvaarbaar as president van Amerika, en daarom het ’n voormalige senior lid van die CIA besluit om in hierdie laat stadium toe te tree tot die stryd.

Politieke ontleders in Amerika sê so ’n kandidaat kan minstens staatmaak op die steun van die Republikeine wat ant-Trump gesind is.

Die CIA-veteraan, Evan McMullin, (40) het nog nooit deelgeneem aan die politiek nie behalwe om sy stem met ’n kruisie uit te bring nie, en alhoewel hy ’n konserwatiewe persoon is, bly hy vir miljoene kiesers ’n onbekende persoon.

Evan McMullin beskik nie oor baie geld om so ’n veldtog behoorlik te voer nie, en sal moeilik sy naam op elke stembrief kry as hy nie elke deelstaat besoek en die nodige reëlings tref nie, aangesien elke staat hulle eie reëls het wat deur kandidate nagekom moet word.

Hy sê in ’n verklaring dat die Amerikaanse kiesers nie voldoende vertroue het in die twee presidentskandidate nie, en daarom is dit tyd om die leemte te vul.

Hy se dit is nog nie te laat om die stryd aan te pak om ’n beter uitslag te kry op 8 November nie.

“Ek stel my nederig beskikbaar as onafhanklike kandidaat om ’n tuiste te skep vir miljoene Amerikaners wat ’n konserwatiewe keuse wil maak vir ’n Amerikaanse president”.

Hy glo daar is te veel konserwatiewe mense wat “Newer-Trump” gesind is vir wie hy ’n tuiste skep.

Politieke ontleders se die verwikkeling het verskeie moontlikhede, waarvan twee soos ’n seer duim uitstaan.

“Dit is dalk ’n man wat die Trump ondersteuners wil verdeel, of dit is ’n siek grap van iemand wat nie weet waarmee hy besig is nie”, is die kommentaar van ’n senior lid in die Amerikaanse Senaat.