Nuusflitse 18 Aug 2016

Blinde sambok kasty inbrekers

‘n Gebreekte neus as gevolg van ‘n lugsak, ‘n ander verdrink amper in ‘n swembad, gevolg deur ‘n arrestasie.

Dis die blinde sambok waarmee twee van vier inbrekers van Roodepoort gekasty is nadat hulle ingebreek het en twee tv-stelle en ‘n voertuig gesteel het.

Hulle het met die voertuig in ‘n muur vasgejaag waarna die lugsak ontplooi het en een se neus gebreek het. Een het probeer weghardloop en val toe in ‘n swembad. Twee ander het wel in die koppies in gehardloop, maar is deur die buurtwag en die polisie gearresteer.Nuusflitse5