Nuusflitse – 10 Augustus

Veiligheidsmagte in Ethiopië het sowat 100 betogers gedood en as rede aangevoer dat die oproermakers ’n staatsgreep in die land beoog het.

 

Minstens 36 onwettige immigrante het in die Theunissen hof verskyn weens oortreding van die Immigrasie wet.  Twee persone het terselfdertyd verskyn op aanklagte dat hul die mense onwettig die land ingesmokkel het.  Al 36 was Malawiese burgers

 

‘n Veiligheidswag is doodgeskiet en nog twee persone is in ‘n kritieke toestand nadat 5 rowers, ‘n Spa in Ballito beroof het in ‘n skietgeveg, waarna die rowers op die vlug geslaan het.