Nagdonkerte tref Zimbabwe

In Zimbabwe word ’n wydverspreide eklektiese krag tekort ondervind wat die land byna geheel in ’n staat van nagdonkerte gehul hou.

Groot dele van die land is daagliks vir tot ses uur lank sonder krag, wat die land se bankrot ekonomie nog verder knel.

’n Woordvoerder van die kragvoorsiener “Zesa Holdings” sê die probleem het ontstaan toe m stelsel onklaar geraak en gelei het tot die verlies aan krag by ’n eenheid by die Kariba Kragsentrale, sowel as vier eenhede Hvange Kragstasie.

Klein hoeveelhede krag word verkry van Zambië, Mosambiek en Suid-Afrika wat sowat 300MW beskikbaar stel..

Zimbabwe benodig sowat 2,200 MW krag gedurende sy piek tye.