Miljoene Rand vir uitgaande raadslede

Die krane wat die R200-note laat vloei kan blykbaar nie leeg getap word nie, want die regering het R309 miljoen beskikbaar gestel aan raadslede wat nie weer verkies is nie.

Legadima Leso, die segsman van die Departement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake, het bevestig dat die reuse bedrag as “gratifikasie” aan raadslede uitbetaal gaan word wat nie weer verkies is nie.

Vroeër is beraam dat die uitbetaling aan die lede nie die bedrag van R100 miljoen sou oorskrei nie.

Tahir Sema, ’n woordvoerder van die SA Plaaslike Regering Assosiasie, sê die bedrag is toegeken om uitbetaal te word aan mense wat nie weer as raadslede verkies is nie, of aan persone wat dit nie gemaak het om op hulle partye se kandidatelys te kom nie.

Navrae kon geen duidelike antwoord bied oor hoeveel oud raadslede gaan bakhand staan vir die uitbetaling nie, en niemand weet glo hoe bepaal gaan word watter persone het nie hulle partye se kandidatelys gehaal nie, wat nou almal vergoeding moet kry.