Miljoene Rand eenkant vir raadslede pensioen

Die Departement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Aangeleenthede het glo R100 miljoen eenkant gesit as ’n pensioen.

Die Salga hoof in die Wes-Kaap, ene Khalil Mullagie, sê die geld sal volgens ’n berekende formule en die aantal jare diens toegedeel word.

Hy sê die raadslede wat nie weer verkies is gedurende die afgelope munisipale verkiesing nie, sal mettertyd ’n uitbetaling ontvang wat gelyk is aan drie maande se salaris.

Gewone stadsraadslede ontvang ’n vergoeding van tot R800,000 per jaar, wat volgens kenners verklaar waarom die munisipaliteite finansieel sukkel om kop bo water te hou.

Nuutverkose raadslede gaan nog opleidingskursusse bywoon, en in Port Elisabeth sal dit aangebied word by die Universiteit.